top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MOTO GP: Bagnaia wen spanningsvolle ren in Maleisië

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 4, 2024
1 min read

Die verdedigende kampioen Francesco Bagnaia het in ‘n spannende resies die Maleise GP gewen nadat hy die voorloper op die puntetabel Jorge Martin net-net kon klop met die Italianer Enea Bastianini wat bykans 11 sekondes agter Bagnaia in die derde plek geëindig het. Die ren moes twee keer oorbegin word nadat die Red Bull KTM jaers Jack Miller en Suid-Afrika se Brad Binder sowel as Fabio Quartararo van span Yamaha in ’n botsing betrokke was. Martin se voorsprong het nou na 24 punte gekrimp en met die laaste wedren wat op diè Spanjaard se tuisbaan gejaag word sal hy als in die stryd werp om Bagnaia se aanslag af te weer om vir die eerste keer as wêreldkampioen gekroon te word.

 
 
 

Comments


bottom of page