MOTO GP: Die Argentynse Moto GP maak bykans 30 jaar later weer ’n terugkeer na Buenos Aires

Die Argentynse Moto GP gaan na byna 30 jaar weer 'n terugkeer na die “Parys van Suid-Amerika” oftewel Buenos Aires maak wanneer daar in 2027 op die renbaan meegeding sal word. Die laaste keer dat ’n wedren op die Oscar y Juan Gálvez-renbaan gejaag is was in 1999 maar het sedertdien groot opknappings ondergaan om aan internasionale standaarde te voldoen. Sedert 2014 word die Moto GP by die Termas de Rio Hondo-baan aangebied maar volgens die stads burgermeester Jorci Macri is hierdie geleentheid vir die stad ’n groot voorreg om hulle posisie in die motor- en motorfietsbedryf na soveel jare weer te herwin. Macri het bygevoeg dat die aanbied van die Moto GP die eerste stap is om Formule 1 ook weer terug te bring na die La Reina del Plata en tuiste van die vyfmalige wêreldkampioen Juan Manuel Fangio.







Comments