top of page

MOTORSPORT: De Mévius verras vroeg op Dakar

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 5
  • 1 min read

Die Belg, Guillaume de Mévius en sy Franse navigator Mathieu Baumel, was die voorlopige verrassingsvoorlopers ná die eerste skof van die Dakar-veldtydren in Saoedi-Arabië, toe hulle 40 sekondes voor Nasser Al-Attiyah geëindig het.


Martin Prokop was derde, die Swede Mattias Ekström en Emil Bergkvist moes met ‘n vierde plek tevrede wees, terwyl die Suid-Afrikaners Guy Botterill sewende, Saood Variawa 13de, Henk Lategan 17de en Brian Baragwanath 20ste was.


In die Rally GP-motorfietsklas is die skof aan die jong Spanjaard, Edgar Canet, toegeken voor Daniel Sanders en Ricky Brabec.


Bradley Cox was 16de in die Rally GP, Michael Docherty het die Rally 2-afdeling gewen, en Maandag se tweede skof beloof nog ’n uitmergelende toets oor 504 kilometer.


Guillaume de Mévius. FOTO: AutoHebdo
Guillaume de Mévius. FOTO: AutoHebdo

Comments


bottom of page