MOTORSPORT: Márquez maak geskiedenis met ‘n sewende MotoGP-wêreldtitel
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 29, 2025
- 1 min read

Marc Márquez is as vanjaar se MotoGP-kampioen gekroon toe hy tweede in die Japannese Grand Prix geëindig het, met nog vyf wedrenne oor.
Die 32-jarige Ducati-ryer se sewende wêreldkroon is sy eerste sedert 2019, ná ses moeilike jare van beserings en operasies, wat die langste wag tussen twee titels in die sport se geskiedenis is.
Márquez het dié jaar 11 Grand Prix-oorwinnings en 14 blitsren-oorwinnings aangeteken en is 201 punte voor sy broer Alex, terwyl Suid-Afrika se Brad Binder 12de in Japan geëindig het en 11de op die puntelys is.






Comments