MOTORSPORT: Negejarige motorfietsryer van Bloemfontein ontvang sy Junior-Protea kleure
- Saamgestel deur Armando Pieters

- 2 days ago
- 1 min read
’n Negejarige motorfietsryer van Bloemfontein, Ethan Style, het onlangs sy Junior-Protea kleure verwerf ná sterk vertonings in nasionale kompetisies. Hy neem deel op ’n 50 cc KTM-motorfiets en het deur die seisoen volhoubare uitslae gelewer wat aan die vereistes vir nasionale erkenning voldoen.
Die toekenning wys dat jong talent in Suid-Afrika se veldmotorfietsry floreer, en dat daar hopelik nog meer jongmanne soos Ethan is om in die toekoms naam te maak.
Volgens Netwerk24 is Ethan se droom om 'n beroepsrenjaer te word in Amerika.





Comments