top of page

MOTORSPORT: Raul Fernandez het sy eerste MotoGP-oorwinning behaal

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Oct 20
  • 1 min read

Raul Fernandez het sy eerste MotoGP-oorwinning behaal toe hy gister die Australiese Grand Prix gewen het.


Die Spaanse jaer het uit die vierde wegspringposisie begin en die voortou geneem, terwyl Fabio Di Giannantonio en Marco Bezzecchi die podium voltooi het.


Suid-Afrika se Brad Binder het agtste geëindig, ná ’n moeilike kwalifisering.


Marc Márquez bly met 545 punte aan die bopunt van die kampioenskapslys, met die volgende wedren wat volgende naweek in Maleisië beslis word.


Raul Fernandez. FOTO: Motorsport
Raul Fernandez. FOTO: Motorsport

Comments


bottom of page