MOTORSPORT: Schumacher neem sprong na IndyCar met RLL-span
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 25
- 1 min read
Mick Schumacher, seun van sewe-maal voormalige Formule 1-kampioen Michael Schumacher, begin ’n nuwe hoofstuk in sy loopbaan.
Volgens Netwerk24 het hy ’n kontrak met Rahal Letterman Lanigan Racing (RLL) geteken vir die volledige 2026 IndyCar-seisoen waar hy die nommer 47 Honda-DW12 sal bestuur en deel uitmaak van ’n span met Graham Rahal en Louis Foster.
Die 26-jarige het vooraf ’n toets by die Indianapolis Motor Speedway se strate-kursus voltooi.
RLL beplan nou ook ’n ovaal-toets om hom vir die hoë snelhede voor te berei, insluitend e ovaal-kalenders soos die ikoniese Indianapolis 500.






Comments