MOTORSPORT: Stryd om Suid-Afrikaanse Grand Prix raak nou intens
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 6
- 1 min read
Dit is nog glad nie ‘n uitgemaakte saak dat Kyalami die gasheer sal wees vir ‘n toekomstige Suid-Afrikaanse Grand Prix nie.
Die minister van Sport, Kuns en Kultuur, Gayton McKenzie, sê dat ander provinsies soos die Vrystaat en Kaapstad ook sterk kandidate is om die Formule Een-wedren aan te bied
Hy het bevestig dat daar beslis ‘n Grand Prix in Suid-Afrika gaan plaasvind, hetsy in 2027 of 2028.
Intussen werk die reëlingskomitee aan antwoorde vir die internasionale motorfederasie (FIA) voor hul volgende vergadering einde Januarie, waar ‘n finale besluit oor die ligging verwag word.






Comments