top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

MOTORSPORT: Toyota Gazoo Racing gereed vir Dakar 2025 uithouren

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 18, 2024
1 min read

Die Toyota Gazoo Racing-span van Suid-Afrika maak gereed vir die 2025 Dakar-uithouren waar die voormalige kampioen Giniel de Villiers vir ‘n laaste keer agter die stuur sal klim. De Villiers wat aan sy 22ste agtereenvolgende Dakar-ren sal deelneem sal een van die vier Toyota GR DKR Hilux Evo bakkies bestuur. Henk Lategan gaan ook aan die stuur wees na hy die 2024 Dakar-ren misgeloop het weens ‘n besering. Guy Botterill die 2024 Dakar-ren Nuweling van die Jaar sal die 8000 kilometer van Saoedi-Arabië se woestyn aanpak saam met Dennis Murphy. Die Dakar-ren begin op 3 Januarie.

 
 
 

Comments


bottom of page