Motus is verbied om werkers se voorwaardes te verander
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- 1 hour ago
- 1 min read
Die Arbeidshof het die Motus-groep verbied om die salarisse en diensvoorwaardes van net oor die 230 Misa-lede eensydig te verander.
Daar is beslis dat die Wet op Arbeidsverhoudinge werkgewers verhinder om veranderinge te implementeer sodra ‘n dispuut verwys is.
Die interdik bly van krag tot 18 Februarie. Misa se dispuut sal op 16 Februarie by die Motorbedryfbedingingsraad aangehoor word.
Die hof het egter Misa se dringende poging om afleggings te stop, van die hand gewys.
Misa sê dat hulle aansoek sal doen om verlof tot appèl en verdere regsmiddels sal volg.







Comments