‘n Amerikaanse vrou oorleef twee teregstellingspogings

’n Amerikaanse vrou wat ter dood veroordeel is, is in die hospitaal nadat twee pogings om haar met dodelike inspuitings tereg te stel, misluk het.
Christa Pike van Tennessee is twee dosisse van die middel pentobarbitaal toegedien, maar sy het nie gesterf nie.
Die BBC berig Pike se prokureurs het tydens die teregstelling ’n dringende aansoek ingedien om dit te stop. Hulle sê Pike het haar bewussyn verloor, maar steeds ’n hartklop gehad en hoorbaar gesnork.
Pike, wat nou 50 is, is in 1996 ter dood veroordeel vir die moord op die 19-jarige Colleen Slemmer. Pike was destyds 18 en het Slemmer saam met haar kêrel geslaan, gemartel en vermoor.
’n Onafhanklike ondersoek is gelas om vas te stel wat tydens die teregstellingspoging gebeur het.








Comments