‘n Bejaarde Bloemfonteinse sakeman is uit op borgtog
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 17
- 1 min read
Die 81-jarige Bloemfonteiner wat vroeër in die middestad in hegtenis geneem is, is op borgtog van R5 000 vrygelaat. Netwerk24 berig die saak is tot 14 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek. Daar word beweer dat Savvas Kyriacou glo onwettige medisyne en giftige landbouprodukte op sy perseel aan die publiek verkoop het. Kos waarvan die vervaldatum verstryk het, is glo ook verkoop. Netwerk24 berig verder Kyriacou het reeds voorheen tronkstraf weens soortgelyke misdade uitgedien. Hy staan tereg op ondermeer aanklagte van diefstal, die besit van vermoedelike gesteelde goedere, en die oortreding van die wet op tweedehandse goedere.





Comments