’n Besige sportnaweek lê vir Bloemfontein voor

Daar is dié naweek heelwat sport op die kalender in Bloemfontein, met padwedlope, gholf en krieket wat sportliefhebbers besig hou.
Die eerste ABSA Run Your City Mangaung 10K vind moreoggend plaas. Die wedloop begin om sewe-uur by Grey Kollege, waarna deelnemers die 10km-roete na Kings Way aflê.
Intussen is dit vandag die tweede dag van die Rose Festival Golf Experience by Schoeman Park-gholfklub. Ná gister se nege putjies wag ’n volle ronde van 18 putjies, met ’n braai, lewendige vermaak en die prysuitdeling wat die geleentheid afsluit.
Rosestad 100.6FM is deel van dié sportnaweek, nie net as mediaborg van die Rose Festival Golf Experience nie, maar ook as mediaborg van die Flexbrands Knights.
Die Knights pak vanaand om sesuur die Mpumalanga Rhinos aan by die Mangaung Oval in die Pro20-bekerkompetisie.









Comments