top of page

’n Erg ontbinde lyk is by De Brug ontdek

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Oct 24
  • 1 min read

’n Erg ontbinde lyk is op die terrein van die De Brug-weermagbasis buite Bloemfontein ontdek net dae nadat twee mans in die stad in hegtenis geneem is met ammunisie en ontstekers van mortiere wat van die basis gesteel is.


Volksblad berig die burgerlike se lyk is op die oefenterrein van die weermag se mobilisasie-eenheid gekry. Polisiewoordvoerder, Lt.kol. Thabo Covane, sê ’n dossier vir ’n geregtelike doodsondersoek is by die Bainsvlei-polisiekantoor oopgemaak om die man se identiteit en die oorsaak van sy dood vas te stel.


Die weermag is gevra of die mans wat aangekeer is, weermaglede is en of hulle ’n lys kan verskaf van die wapentuig wat gesteel is, maar dié vrae is onbeantwoord gelaat.


Daar was na bewering intussen ’n tweede inbraak by De Brug.


FOTO: Netwerk24
FOTO: Netwerk24

Comments


bottom of page