top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

'n Fliek oor Graceland word in Kaapstad verfilm

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • 2 days ago
  • 1 min read

‘n Groot internasionale film gebaseer op Paul Simon se album Graceland gaan in eersdaags in Kaapstad verfilm word. Graceland is een van die mees bekroonde albums in die musiekgeskiedenis.


Die fliek, genaamd The Road Home, vertel die storie agter die ikoniese 1986-album en die kontroversiële skepping daarvan tydens apartheid. Die oorspronklike draaiboek deur Michael Bronner is gebaseer op ’n storie deur hom en Zakes Mda.


The Hollywood News berig met die opwindende musiek van Hugh Masekela, Miriam Makeba en Paul Simon, is dit ’n verhaal van verset, opoffering en die veerkragtigheid van die menslike gees.


Verfilming begin in Junie en die produksie sal na verwagting meer as 300 plaaslike werksgeleenthede skep.



 
 
 

Comments


bottom of page