'n Sekuriteitsman is dood toe 'n renoster hom gaffel
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Apr 26
- 1 min read
Die direkteur van ʼn private sekuriteitsmaatskappy, wat hom op teenstropery en renosterbeskerming toespits, is dood nadat hy deur ʼn swartrenoster gegaffel is.
Maroela Media berig die voorval het by die Samara Karoo-reservaat suid van Graaff-Reinet gebeur terwyl Schoeman van Jaarsveld besig was met teenstroperywerksaamhede, en Van Jaarsveld is op die toneel dood verklaar.
Die reservaat, Van Jaarsveld se familie en Milk River Security het ʼn gesamentlike verklaring uitgereik en sy dood bevestig.
Luidens die verklaring was Van Jaarsveld en sy span se werk van onskatbare waarde in die beskerming van wild, veral renosters, in dié streek.








Comments