'n Tornado tref die Wes-Vrystaat

'n Tornado het die Luckhoff-omgewing in die Wes-Vrystaat getref, en landbougewasse, skure en ander geboue is beskadig.
Miljoene rande se skade is tydens Maandag se tornado aangerig, en teen Dinsdag was die area nog sonder kragtoevoer.
Netwerk24 berig ’n boer se wa, wat vol voer was, is glo deur die wind opgelig en heeltemal opgefrommel. ’n Ander jong boer se pekanneutboord is verwoes.
Verskeie plase en skure in die distrik het ernstige skade weens die sterk wind opgedoen. Sommige skure het ook oorstroom.
Video’s van 'n besproeiingsplaas wys hoe skure se dakke afgeruk en meters ver die veld in geslinger is. Die puin het gelukkig nie op die duur trekkers beland nie.
Rosestad-nuus se Ilde Roos verduidelik verder die stormweer oor groot dele van die Vrystaat het kragonderbrekings en oorstroomde paaie tot gevolg gehad.
LUISTER HIER:










Comments