Netbal: Australië het die netbalreeks teen Suid-Afrika met skoonskip beklink
- Armando Pieters
- 6 days ago
- 1 min read
Australië het die netbalreeks teen Suid-Afrika met skoonskip beklink, nadat hulle die finale toets in Adelaide met 65–42 gewen het.
Die Proteas kon nooit behoorlik hul ritme vind nie, en hoewel hulle die derde kwart met 12–10 gewen het, was die Aussies se groot rustydvoorsprong van 39–20 te veel om in te haal.
Afrigter, Jenny van Dyk, sê daar lê nog baie harde werk voor, maar sy glo die span het waardevolle lesse oor hul spelers en spelstyl geleer.

Comments