top of page

NETBAL: Die Kovsies se netbalspan het Maandagaand deurgedring na die finale van vanjaar se Netbal Varsity Beker

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Sep 23, 2025
  • 1 min read

Kovsies se netbalspan het Maandagaand deurgedring na die finale van vanjaar se Netbal Varsity Beker kompetisie toe hulle die span van die Maties met 46-35 in Bloemfontein gewen het.

Die wedstryd het in die Callie Human-saal plaasgevind. Die vyfmalige kampioene sal volgende week teen die NWU, weer in Bloemfontein op die UFS kampus speel.

NWU het UJ, verlede jaar met 58-28 in die ander semi-finale in Mahikeng geklop.

Deurwinterde afrigter van die Kovsies, Burta de Kock, het na die wedstryd haar span geprys omdat hulle deurentyd by die wedstrydplan gehou het nadat hulle ‘n week gelede amper teen Maties vasgeval het.

Maryna van Wyk, Korrespondent

 
 
 

Comments


bottom of page