NETBAL: Ellis Park gekies vir Toetsreeks teen Engeland
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Dec 2, 2025
- 1 min read
Netbal Suid-Afrika se president, Mame Diale, sê volgende maand se Toetsreeks teen Engeland sal hoofsaaklik om logistieke en finansiële redes, by die Ellis Park Binnenshuise Arena gehou word.
Sy het bevestig dat die Durban ICC hul voorkeurplek was as gevolg van sy groter kapasiteit, maar begrotingsbeperkings het beteken dat die reeks in Gauteng moes bly.
Diale het bygevoeg dat die verkryging van Engeland as teenstanders op versoek van die nasionale afrigters gekom het, wat wil hê dat die Proteas hoër gekeurde nasies moet trotseer.
Vir nou is NSA se onmiddellike fokus op die verdediging van beide die mans- en vroue-Afrikabeker-titels in Malawi, wanneer die toernooi hierdie naweek begin.







Comments