NETBAL: NWU gekroon as Varsity Beker Kampioene
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 30, 2025
- 1 min read
Die netbalspan van die Noordwes Universiteit is vanjaar se Varsity beker kampioene nadat hulle die span van die Kovsies in ‘n naelbyt finale in Bloemfontein met 57-49 geklop het.
Die halftyd telling was 26-24 in die tuisspan se guns. Die blou sneltrein van die Kovsies het slegs een wedstryd in vanjaar se kompetisie teen UJ verloor en het gisteraand tot in laaste sewe minute van die wedstryd voorgeloop.
Elsunet du Plessis, hoofafrigter van die NWU Eagles het haar span geloof omdat hulle tot teen die einde vasgebyt het.







Comments