top of page

NETBAL: Proteas Trots ondanks nederlaag

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 6
  • 1 min read

Die Suid-Afrikaanse netbalspan het wel met 64–53 teen Australië verloor in Bendigo, maar kan trots wees op hul dapper vertoning.


Hoofafrigter, Jenny van Dyk, sê dit was geensins ’n swak wedstryd nie en dat die span se stryd in die tweede kwart die deurslag gegee het.


Sy glo steeds haar spelers kan mededingend speel en het vasbeslote gesê dat hulle die volgende wedstryd wil wen.


Jenny Van Dyk. FOTO: Netball South Africa
Jenny Van Dyk. FOTO: Netball South Africa

Comments


bottom of page