top of page

Nog vier BKS-gevalle is in die Vrystaat aangemeld

  • Writer: Armando Pieters
    Armando Pieters
  • Aug 26
  • 1 min read

Terwyl nog bek-en-klouseergevalle (BKS) in die Vrystaat aangemeld is, het TLU SA ʼn beroep op die regering gedoen om die vervaardiging van entstowwe te privatiseer. Maroela Media berig volgens die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling in die provinsie is drie gevalle in die Kroonstad-omgewing aangemeld. Twee hiervan is op kommersiële plase en een in ʼn gemeenskaplike weidingsgebied. Die vierde geval is op ʼn kommersiële plaas naby Cornelia aangemeld. TLU SA het hul ernstige kommer te kenne gegee oor die regering se beperkte kapasiteit om die uitbreking doeltreffend te beheer. Volgens die organisasie is daar nie genoeg staatsveeartse, inspekteurs of ander middele beskikbaar om uitbrekings doeltreffend te hanteer nie.

 
 
 

Comments


bottom of page