Nsfas se omstrede huurkontrak word dalk binnekort gekanselleer
- Armando Pieters

- May 26
- 1 min read
Die Spesiale Ondersoekeenheid wil die Spesiale Tribunaal nader in ‘n poging om die Nasionale Hulpskema vir Studente (Nsfas) se omstrede hoofkantoorhuurkontrak in Kaapstad te kanselleer. Dit het aan die lig gekom dat Nsfas R2,5 miljoen per maand betaal vir vyf verdiepings by The Halyard. Die bedrag sluit 140 parkeerplekke teen amper R2 500 elk in. Nsfas sê hy ondersteun die beëindiging van die huurkontrak en beplan ‘n skuif. Hulle erken ook dat die vyfjaar-parkeerooreenkoms wat altesaam R18.6 miljoen beloop, buitensporig is. Die ooreenkoms, wat in Februarie 2022 begin het, strek tot Januarie 2027 tensy dit vroegtydig beëindig word.





Comments