top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Operasie Shanela II slaan toe op misdadigers

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • May 4
  • 1 min read

Lede van die Sigbare Polisiëringseenheid van Bayswater en Bloemspruit in die Mangaung-metro het ’n misdaad-voorkomings-padblokkade op die R702 Dewetsdorp-pad opgerig.


Volgens 'n polisieverklaring het die span, saam met die Departement van Korrektiewe Dienste, tydens die inspeksie op Mandrax-tablette, gedroogte daggablare en kristalmetamfetamien beslag gelê.


Inspeksies vir nakoming rakende vuurwapens, drank en tweedehandse goedere is ook in die Mangaung-metro en die Xhariep-distrik uitgevoer. Hiertydens is, onder andere, verdagtes in hegtenis geneem vir handel sonder registrasie, die bedryf van ’n drankperseel vir verbruik op die perseel sonder ’n lisensie, en die verkoop van onwettige drank.


Beplande Operasie Shanela II aksies sal in verskillende distrikte regoor die Vrystaat voortgaan.


FOTO: Verskaf
FOTO: Verskaf

 
 
 

Comments


bottom of page