Operasie Shanela verwyder ongewenste elemente uit Bloem
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jul 14
- 1 min read
Die Operasie Shanela II-span het 'n 25-jarige in hegtenis geneem vir dwelmhandel in Douglasstraat in Bloemfontein. Luidens ‘n mediaverklaring het die span 'n gebou wat as 'n dwelmbrandpunt in die stad se middestad geïdentifiseer is, deursoek. Verskeie items soos dagga-produkte en kontant wat vermoedelik opbrengs van dwelmverkope was, is gekonfiskeer. Intussen is voetpatrollies, voertuigpatrollies asook stop-en-deursoeke in ander geïdentifiseerde misdaadbrandpunte uitgevoer. Twaalf mense is in hegtenis geneem vir die oortreding van die Immigrasiewet. Verkeersboetes is ook aan bestuurs sonder bestuurslisensies, die bestuur van 'n onpadwaardige voertuig en ander oortredings uitgereik.





Comments