Peet Viljoen se saak is uitgestel
- Saamgestel deur Nadia Pieters

- Jun 19
- 1 min read
Die voormalige prokureur en realiteitsprogramster Peet Viljoen het vlugtig in die Pretoria Gespesialiseerde Handelsmisdaadhof verskyn.
Die saak hou verband met 'n beweerde eiendomsbedrogskema van R100-miljoen wat 16 jaar gelede plaasgevind het.
Viljoen staan tereg op sowat 400 aanklagte, waaronder korrupsie, bedrog, diefstal, meineed en vervalsing.
Hy is vroeër die week in hegtenis geneem nadat hy uit die Verenigde State gedeporteer is.
Die saak is tot 26 Junie uitgestel vir 'n formele borgtogaansoek, terwyl die staat aangedui het dat hy borgtog gaan teenstaan.








Comments