top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Petrolpryse mag dalk in Desember daal

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 22, 2024
  • 1 min read

Terwyl die Desembervakansie nader kom toon volgende maand se petrol- en dieselpryse steeds, vir die derde week hierdie maand, gemengde herstel as gevolg van hernieude druk op die rand en wêreldwye oliepryse. Dit is volgens die jongste data van die Sentrale Energiefonds. Petrolpryse toon ‘n potensiële verlaging van een tot 13 sent per liter, terwyl diesel ‘n styging van 43 sent per liter toon. Die rand was sedert sedert Donald Trump se oorwinning vir die Amerikaanse presidentskap, onder druk terwyl oliepryse effens gestyg het. Ontleders waarsku dat die geprojekteerde verlaging in petrolpryse kan verander.

 
 
 

Comments


bottom of page