PLUIMBAL: Die Vrystaters oorheers die Pluimbal nasionale individuele- en spankompetisie in Bloemfontein
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Oct 24, 2025
- 1 min read
Die Vrystaters het die Pluimbal nasionale individuele- en spankompetisie vanaf 11 tot 18 Oktober in Bloemfontein oorheers.
Die kampioenskap wat by die Fichardtpark-sportlub beslis is, was ‘n voortsetting van ‘n patroon van die afgelope twee dekades met die Vrystaters wat uitblink.
Met spelers soos Nita Scholtz-Albertse en Caden Kakora wat nou die enkelsspelkampioene in Suid Afrika is en ook dubbelspel en gemengde dubbelspel op die hoogste vlak kan speel, is dit te verstane hoekom die Vrystaters uitblink.
Johan Kleingeld, die sameroeper van die toernooi, sê die kampioekappe was ‘n reuse-sukses met prysgeld van meer as R42 000.







Comments