top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

Politieke partye voer landwyd veldtog

Writer: Saamgestel deur Jana Roos
Saamgestel deur Jana Roos
2 minutes ago
1 min read

Verskeie politieke partye het Saterdag hul manifeste bekendgestel en in dele van die land veldtog gevoer.


Ace Magashule se African Congress for Transformation het sy manifes in die Vrystaat bekendgestel. Die party het belowe om oplossings te vind vir uitdagings waarmee gemeenskappe te kampe het.


Die EFF het in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap veldtog gevoer. Die MK-party het in KwaZulu-Natal veldtog gevoer, terwyl die ANC op die Wes-Kaap gefokus het.


Intussen het Ondersteuners van die MK-party Saterdagmiddag hul ontevredenheid getoon toe die party se president, Jacob Zuma, nie by 'n verkiesingsaamtrek in Richardsbaai opgedaag het nie. Die party se leier in KwaZulu-Natal, Willies Mchunu, het later namens Zuma om verskoning gevra en die skare toegespreek in 'n poging om die gemoedere te kalmeer.


Ter illustrasie. FOTO: Unsplash
Ter illustrasie. FOTO: Unsplash

 
 
 

Comments


bottom of page