top of page

Ramaphosa se video is glo ou nuus

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Feb 4
  • 1 min read

‘n Video van president Cyril Ramaphosa wat vir die Amerikaanse President Donald Trump sê om uit Suid-Afrika se besigheid te bly, is glo ou nuus. Die video wat nou op sosiale media versprei word, is na bewering Ramaphosa se antwoord op Trump se nuutste besluit om befondsing vir Suid-Afrika te stop. Die video is, volgens ‘n berig van 2018 in The Citizen, Ramaphosa se reaksie op ‘n boodskap wat Trump al ses jaar gelede op die destydse twitter gedeel het. In die boodskap sê Trump hy wil hê sy minister van buitelandse sake moet grondonteiening sonder vergoeding in Suid-Afrika ondersoek. Dit volg nadat FOX News destyds verkeerdelik berig het dat die wet reeds verander is om die regering toe te laat om grond sonder vergoeding van wit boere af te neem.

 
 
 

Comments


bottom of page