Ramaphosa sê skoon en funksionele munisipaliteite sal beleggers lok
- Saamgestel deur Ilde Roos

- Mar 28
- 1 min read
President Cyril Ramaphosa beklemtoon die belangrikheid van skoon en funksionele munisipaliteite om beleggers te lok.
Die president het die toespraak tydens die vergadering van die Vrystaatse Provinsiale Uitvoerende Komitee in Bloemfontein gelewer. Dit vorm deel van die pogings om samewerking oor alle regeringsfere te versterk en diensleweringsprobleme aan te pak.
Ramaphosa sê munisipaliteite is die hartklop van die lewensbestaan van mense, en dit is die hartklop van die ekonomie van die land.
LUISTER HIER:
Ramaphosa sê voorts die Vrystaat is uniek geposisioneer om in die hart van die land se ekonomiese groeiverhaal te wees, aangesien dit strategies geposisioneer is. Hy sê die provinsie kan kapitaliseer op ‘n logistieke verspreidingsentrum wat groot ekonomiese sentrums in die land verbind.
Die Vrystaat het uitgebreide landboukapasiteit en dra aansienlik by tot die land se voedselsekerheid. Ramaphosa sê die provinsie benut ook natuurlike hulpbronne om hernubare energie en batteryberging vir elektrisiteitsopwekking op te wek.








Comments