top of page

Revolut bring nog 'n bank na Suid-Afrika

  • Writer: Saamgestel deur Ilde Roos
    Saamgestel deur Ilde Roos
  • Nov 18
  • 1 min read

Die internasionale bankreus Revolut het formeel aansoek gedoen vir ‘n Suid-Afrikaanse banklisensie.


BusinessTech berig die maatskappy het sy Artikel 12-aansoek by die Omsigtigheidsowerheid ingedien. Dit het sy plan bevestig om ná maande se oorweging ‘n volwaardige bank in die land te vestig.


Revolut het sy voorneme om na Suid-Afrika uit te brei vir die eerste keer einde September tydens die bekendstelling van sy nuwe globale hoofkwartier in Londen onthul.


Gaby Magomola is as voorsitter van sy Suid-Afrikaanse besigheid aangestel.


FOTO: The Guardian
FOTO: The Guardian

Comments


bottom of page