top of page

RUGBY: Australië se Charlotte Caslick ingesluit vir die Goue Truie in die 2025 Wêreldbeker-toernooi

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Aug 5
  • 1 min read

Australië se Olimpiese goue medalje wenner Charlotte Caslick is vir die opkomende Wêreldbeker-toernooi vir vroue in die 15-tal ingesluit. Caslick wat as veelsydige speler vir die Wallaroos diens sal doen is ’n veelsydige aterspeler wat op senter, vleuel en heelagter kan uitdraf. Sy was al reeds twee keer naaamlik in 2016 en 2022 Wêreldrugby se Vroue sewesspeler van die Jaar en was ook deel van die seëvierende span wat in 2022 die WB-sewestoernooi in Kaapstad gewen het. Australië het in die laaste WB-toernooi in 2022 tot die kwarteindronde gevorder waar hulle met 5 – 41 deur Engeland uitgeskakel is. Die Wallaroos skop hulle 2025-veldtog teen die onvoorspelbare Samoa op die 23ste Augustus af.

 
 
 

Comments


bottom of page