top of page

RUGBY: Blitsbok Zain Davids bereik volgende naweek ‘n groot mylpaal in Perth

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Jan 17, 2025
  • 1 min read

Die Blitsbok Zain Davids gaan volgende naweek by die Sewes-toernooi in Perth ‘n merkwaardige mylpaal bereik. Die 27-jarige is deel van die groep wat na Doer Onder  sal reis waar hy in sy 50ste  Sewes-toernooi gaan speel. Die Blitsbok afrigter Philip Snyman het Donderdag sy groep aangekondig en het drie veranderinge aangebring. Ryan Oosthuizen, Ronald Brown en Selvyn Davids is terug in die groep en vervang vir Mfundo Ndhlovu, Shaun Williams en Tristan Leyds.

 
 
 

Comments


bottom of page