top of page

RUGBY: Bokke trap Skotte op Murrayfield

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Nov 11, 2024
  • 1 min read

Die Springbokke het in ’n rap-en-skrap wedstryd 'n eerste oorwinning op hul jaareinde toer behaal toe die Wêreldbeker-kampioen Skotland met 32 – 15 op Murrayfield kon troef. Die Groen en Goud se punte het gekom van twee drieë deur Makazole Mapimpi en een elk deur Thomas du Toit en Jasper Wiese. Handrè Pollard het die res bygedra met die skopskoen wat drie doel- en twee strafskoppe ingesluit het. Die Bokke speel weer eerskomende naweek teen Engeland wat wraak sal wil neem nadat diè einste Rose in die laaste sekondes van hul wedstryd teen die Wallabies met 37 – 42 op Twickenham uitoorlê is.

 
 
 

Comments


bottom of page