top of page

RUGBY: Bokvroue gereed vir Italië

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 11, 2024
  • 1 min read

Die afrigter van die Suid-Afrikaanse vrouerugbyspan, Swys de Bruin, het sewe veranderinge aan sy span gebring wat die naweek hulle WXV 2-reeks tot ‘n einde toe bring. Nolusindiso Booi en Danelle Lochner ruil plekke, met Booi wat begin op vier en Lochner wat plaasvervangersbank toe skuif, terwyl Lindelwa Gwala vir Roseline Botes vervang op Haker. In die lostrio kom Catha Jacobs en Sizophila Solontsi in die beginspan. Die Bokvroue pak môremiddag om tweeuur vir Italië, en kort ‘n groot bonuspuntoorwinning vir ‘n geleentheid om met die WXV 2-reeks titel weg te stap.

 
 
 

Comments


bottom of page