RUGBY: Bulle haal strydbyl uit teen Jake White
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Jun 23, 2025
- 1 min read
Dit gons in die gange van Loftus Versveld dat diè unie se hulpafrigters en senior spelers na wat verneem word die kop van die hoofafrigter Jake White eis. Die verbrokkelde verhouding tussen White en hulpafrigters Chris Rossouw en Andries Bekker dreig om oor te borrel terwyl van die senior spelers moontlik hulle kontrakte vroeër wil beëindig en dit ook nie wil verleng nie. Die Ligbloues was verlede week in hul derde Verenigde Rugkykampioenskaps-eindstryd in aksie en is heeltemal deur Leinster uitoorlê met ’n telling van 32–7. Wat die ongelukkigheid in die Bulle se kamp verder aangeblaas het was die opmerking van White dat sy spelers-korps nie met dié van die Lions op die wedstryd-dag kon saampraat nie en in alle fasette oorskadu was. Die Bulle se president Willem Strauss het by navraag gesê dat daar nie nou op gerugte gereageer gaan word nie maar dat sake op ‘n direksie-vergadering van 4 Julie soos normaalweg bespreek sal word.






Comments