RUGBY: Die Bok vroue is slaggereed vir hul aanslag op die Wêreldbeker-kroon in Engeland
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Aug 22, 2025
- 1 min read
Die Springbok vrouegroep het hul visier daarop gestel om hulself onder die bestes te bewys by die 2025 Rugbywêreldbeker-toernooi waar hulle teen Brasilië, Italië en Frankryk in Groep D te staan kom. Die Bok-vroue begin hul veldtog Sondagmiddag teen Brasilië om 15:45 (SA Tyd). Die gasheer Engeland skop die toernooi Vrydagaand teen die VSA af terwyl die verdedigende kampioen Nieu-Seeland hul rekening ook Sondag teen Spanje sal open. Dié toernooi duur tot die 27ste September met die eindstryd wat op Twickenham gespeel sal word.






Comments