RUGBY: Die Cheetahs, Springbokke en Springbok-vroue die naweek
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 15, 2025
- 1 min read
CHEETAHS: Die Cheetahs se Curriebekerdroom het Saterdagaand in Kimberley tot stilstand gekom toe die Griekwas met 25–5 in die halfeindstryd geseëvier het. Die Vrystaters se enigste drie het van Prince Nkabinde gekom, maar swak lynstane en bottervingers op sleutel oomblikke het die span duur te staan gekom. Alhoewel die Cheetahs baie balbesit gehad het, het Griekwas se stewige verdediging en doeltreffende rolmaalbewegings die oorhand gekry. Die telling was met rustyd 12–5, en in die tweede helfte het die Poubloues die voorsprong uitgebou. Griekwas skuif nou deur na die eindstryd teen die Leeus op Ellispark. SPRINGBOKKE: Intussen het die Springbokke die All Blacks verpletter, in die grootste oorwinning ooit teen die All Blacks in Wellington. Rassie Erasmus het die Springbokke geprys, maar beklemtoon dat die fokus nou verskuif na twee moeilike wedstryde teen Argentinië. Die 43-10 oorwinning het die Bokke terug na nommer een op die wêreldranglys gelig, terwyl hul onoorwonne reeks by die Sky Stadion verleng is. Die Springbok-vroue kan nie dieselfde sê nie, nadat hulle die 2025 Rugbywêreldbeker in die kwarteindronde verlaat het, nadat hulle 46-17 verloor het teen die Black Ferns.






Comments