RUGBY: Die Leeus hoop Van Den Berg bring nuwe energie
- Armando Pieters

- Oct 8
- 1 min read
Die Leeus vestig hul hoop op die Springbok-skrumskakel, Morne van den Berg, om broodnodige energie in hul Vodacom Verenigde Rugbykampioenskap-veldtog in te spuit, wanneer hulle hierdie naweek teen Benetton te staan kom.
Afrigter, Barend Pieterse, glo van den Berg se terugkeer bring energie en nuwe idees uit sy tyd met die nasionale span.
Intussen berei die Stormers voor vir ‘n Europese toer van drie wedstryde, wat gereed is om die Bok-sterre, Cobus Reinach, Damian Willemse en Sacha Feinberg-Mngomezulu, terug te verwelkom sodra hulle weer by die groep in Wallis aansluit.






Comments