top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Die Sharks het Eben Etzebeth en ander gederegistreer

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Dec 5, 2025
1 min read

Die Sharks het verskeie sleutelspelers gederegistreer voor die komende Investec Champions Cup, insluitend die veteraan-slot Eben Etzebeth.


Rosestad Sport het vroeër berig Etzebeth is vir 12 weke geskors nadat hy sy duim in Alex Mann se oog gedruk het tydens die Springbokke se laaste toets van die jaar teen Wallis in Cardiff.


SuperSport berig stut Ox Nche, losvoorspeler Manu Tshituka, losskakel Siya Masuku is ook gederegistreer.


Netwerk24 berig intussen is Springbok afrigter, Rassie Erasmus, se kontrak tot 2031 verleng.


Eben Etzebeth. FOTO: BBC
Eben Etzebeth. FOTO: BBC

 
 
 

Comments


bottom of page