RUGBY: Die Springbokke wen ‘n oortuigende wedstryd teen Japan
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 3
- 1 min read
Die Springbokke het hul einde-van-die-seisoen-toer afgeskop met ‘n oortuigende 61-7 oorwinning teen Japan in Londen.
Die Bokke het agt drieë en ‘n strafdrie oorgesteek, met debutant, Zachary Porthen en Sacha Feinberg-Mngomezulu, onder die sleutelpresteerders in nat toestande.
Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het hierdie wedstryd buite die internasionale venster gereël as ‘n opwarming vir die kragmeting teen ‘n Franse span wat op wraak uit is vir hul Wêreldbeker-kwarteindstrydnederlaag.
Die spanne het nog nie weer teen mekaar gespeel sedert daardie dramatiese eenpunt-oorwinning vir die Suid-Afrikaners nie.
Stut, Asenathi Ntlabakanye, het by die groep aangesluit in die plek van die beseerde, Ox Nche, terwyl Suid-Afrika in Frankryk begin met voorbereidings vir Saterdag se botsing by Stade de France.






Comments