RUGBY: Die voormalige Springbok-heelagter Bevin Fortuin is in die ouderdom van 46 oorlede
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Sep 12, 2025
- 1 min read
Voormalige Springbok-heelagter en Northam Rhinos-hoofafrigter Bevin Fortuin is Donderdagmiddag in die ouderdom van 46 oorlede ná ’n vermoedelike hartaanval.
Fortuin het sy loopbaan by die SWD Arende begin en was ses seisoene lank ’n sleutelspeler in die George-span se agterlyn, voordat hy in 2005 by die Vrystaat Cheetahs aangesluit het. Hy het vier jaar in Bloemfontein deurgebring en 22 keer in Super Rugby vir die Cheetahs uitgedraf.
As afrigter het hy Blanco na die 2012 Nasionale Klubkampioenskappe gelei en later die Arende oorgeneem in die Vodacom-beker. Hy het ook deel van die Bulls se afrigtingspan geword en die afgelope jare die Northam Rhinos gelei.
Fortuin het twee toetse vir die Springbokke gespeel – teen Ierland in 2006 en Australië in die 2007 Drienasies.






Comments