RUGBY: Dupont sal teen All Blacks uitdraf ondanks siekte
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 14, 2024
- 1 min read
Die hulpafrigter van Frankryk se mans rugbyspan, William Servat, sê dat Antoine Dupont sal uitdraf vir hulle stryd teen die All Blacks - ondanks ’n siekte wat hy onder lede het. Volgens Servat het Dupont Woensdag se oefensessie uitgesit maar bevestig dat hy fiks sal wees voor die naweek. Dupont, wat vroeër vanjaar ‘n goue medalje in sewes rugby by die Olimpiese Spele gewen het, het verlede week by die volle 15-man rugby groep voor hulle toets teen Japan aangesluit. Frankryk verwelkom Saterdagaand die All Blacks op Stade-France in Parys, met die wedstryd wat om 22:10 afskop.






Comments