RUGBY: Ellis Genge sê Bok nederlaag nog nie vergete
- Saamgestel deur Armando Pieters

- Nov 14, 2024
- 1 min read
Engeland se stut, Ellis Genge, sê die nederlaag teen die Springbokke in die halfeindstryd van verlede jaar se Rugbywêreldbeker in Frankryk spook nog by hom. Engeland het die wedstryd met ‘n enkele punt verloor nadat hulle ‘n strafskop in die skrum afgestaan het. Genge het vir Joe Marler vervang op vaskopstut in die tweede helfte van daardie wedstryd en is toe laat les opsê deur Ox Nche. Volgens die 29-jarige stut is dit iets wat hy ten minste vir die res van sy loopbaan saam met hom sal dra - maar sal poog om diè hoofstuk in sy loopbaan af te sluit en sal oorgehaal wees wanneer die Engelse die Springbokke Saterdagaand om 19:40 (SA Tyd) op Twickenham sal pak.






Comments