top of page

RUGBY: Engeland, Australië en Spanje is WXV kampioene, Bokvroue eindig vierde in WXV 2-reeks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 14, 2024
  • 1 min read

Engeland se vrouerugbyspan het hulle 20ste agtereenvolgende wedstryd gewen, en ook die WXV 1-reeks titel ingepalm oor die naweek. Dit kom ná Engeland se dames die afgelope Saterdag vir Kanada met 21-12 geklop het in die laaste wedstryd van die reeks. In WXV 2 is Australië gekroon as kampioene na hulle vir Skotland verslaan het met 31-22, met die Springbokvroue wat algeheel vierde geëindig het, na hulle met 23-19 verloor het teen Italië die afgelope naweek. En, in WXV 3 het Spanje die titel verower, na hulle vir Fidji op die laaste dag met 10-8 geklop het.

 
 
 

Comments


bottom of page