top of page
ChatGPT Image Mar 5, 2026, 10_59_10 AM.png

RUGBY: Engeland se Hill vir tien weke geskors

Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
Saamgestel deur Armando Pieters
Nov 7, 2024
1 min read

Engeland se Rugbyunie het die voorspeler Jonny Hill vir tien weke geskors, waarvan vier weke opgeskort is. Dit is na aanleiding van waar Hill na ‘n wedstryd vir sy Sale Sharks teen Bath op 1 Junie ‘n toeskouer na bewering fisiek mishandel. Die 30-jarige Hill het die aanklag aanvaar en het die week voor ‘n onafhanklike paneel verskyn. Die voorsitter van die paneel, Philip Evans, het bevestig dat ‘n gepaste beginpunt ‘n skorsing van 20 weke is. Daar is egter ook bevind dat die omstandighede van die voorval uitsonderlik was en as gevolg daarvan, en weens versagting wat vir Hill beskikbaar was, is dit tot 10 weke verminder.

 
 
 

Comments


bottom of page