top of page

RUGBY: Engeland staal hulself vir groot aanslag teen All Blacks

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • Oct 29, 2024
  • 1 min read

Engeland weet ’n berg wag voor hulle wanneer die Rose teen die All Blacks eerskomende naweek te staan gaan kom op Twickenham. Die tuisspan kan moontlik ietwat rustiger slaap aangesien drie sleutelspelers tot die groep gevoeg is. Die veteraan losskakel George Ford is terug in die nommer 10 trui terwyl die voorspelers Alex Coles en Ted Hill ook in die 23-tal ingesluit is. Engeland se afrigter Steve Borthwick sal na verwagting sy span Donderdag bekend maak. Die afskoptyd is 17:10 (SA) In die ander internasionale kragmeting sal Skotland gasheer speel vir Fidji op Murrayfield met diè wedstryd wat 19:40 afskop.

 
 
 

Comments


bottom of page