top of page

RUGBY: Engeland veteraan loskopstut hang rugbystewels op

  • Writer: Saamgestel deur Armando Pieters
    Saamgestel deur Armando Pieters
  • May 28
  • 1 min read

Die Leicester Tigers en Engeland se hardebaard loskopstut, Dan Cole, het uiteindelik besluit om na afloop van diè seisoen sy stewels op te hang. Diè 38-jarige het die Tigers in 340 wedstryde verteenwoordig en ook in 118 toetse die wittrui vir Engeland oor die kop getrek in ’n loopbaan wat oor byna twee dekades strek. Cole was vier keer in die wenspan van die Engelse Premier-liga titel en het die Rose in vier Wêreldbeker-toernooie verteenwoordig - wat die 2019-eindstryd teen die Wêreldkampioen die Bokke insluit. Die sterkman het ook gesê dat dit met die ouderdom moeiliker geword het om fisiek by te hou en te uitdagend raak om met die jonger spelers te bly kompeteer.

 
 
 

Comments


bottom of page